Divisies

Gr 7:

(Afrikanerkind)

Seejol se Graad 7-divisie, waar elke matroos hul eerste tree in die Seejol-wêreld neem. Deur ’n unieke Bloemfontein-erfenistoer en ’n dinamiese kampbelewenis ontdek hulle hul taal, hul wortels en hul plek – en begin hul reis as toekomstige Verkenners. 

Gr 8:

Voormas

(Seekunde & Kuswag)

Voormas

Voormas bring die ware verkenner in jou na vore. Kom vind jou skatte en stap asemrowende prentjiemooi kus tonele. Kom ontdek waaroor Seejol werklik gaan. Kom skyn jou eie vuurtoring se lig vooruit op jou hoërskool Seejol pad. Leef jou reis, maak nuwe vriende, en kom geniet Seejol!!

Gr 9:

Grootmas

(Strandstudie & Grotte)

Grootmas

Ontsnap na ’n wêreld van geheime grotte en getyspore. Grootmas neem jou op ’n reis van ontdekking – van sandduine tot seesterre, van oornag onder die sterre tot wonder oor die skepping. Laat jou stem hoor, jou denke groei, en bou herinneringe wat soos rotse sal bly staan.

Gr 10:

Kruismas

(Strandvernuf & Natuurbewaring)

Kruismas

Jy het die roep gehoor – nou is dit tyd om jou koers te kies. Kruismas leer jou om met selfvertroue jou eie pad te loop. Leer oorleef terwyl daar gelag word tussen die duine en die golwe. Jy is gereed vir die volgende stap – word die anker wat ander kan vertrou.

Gr 11 – 12:

Sinkers

(Soutwaterhengel & 

Rotshengel)

Sinkers

Gooi jou lyn in die see en vang die avontuur. Sinkers is vir die matroos wat met geduld, tegniek en liefde vir die natuur wil hengel. Ervaar soutwater, rotsstrande en die opwinding van ’n vis aan die hoek. Dis nie net hengel nie – dis Seejol-styl!

Gr 11 – 12:

De Kotters

(Seeroeikunde &

 Waterveiligheid)

De Kotters

Trek jou lewensbaadjie aan en gryp jou roeispaan – dis tyd vir avontuur. Verken die kuslyn van bo af met jou kajak en leer navigasie, spanwerk en spoed. De Kotters bring die aksie en die rustigheid van die oop water in perfekte balans.

Gr 10 – 12:

Griffiers

(Kampkommunikasie 

& Fotografie)

Griffiers

Storievertellers met lense en woorde – dis wie ons is. Griffiers vang die hartklop van Seejol vas in foto’s, video’s en stories. Kom leer hoe om die wêreld deur ’n kreatiewe oog te sien en laat jou stem weerklink op elke skerm en bladsy.

Gr 11 – 12:

Branderbrekers

(Branderry & 

Waterveiligheid)

Branderbrekers

Voel die adrenalien, hoor die breek van die branders, en leer om balans te vind tussen vrees en vryheid. Branderbrekers is vir die waagmoedige – dié wat die see wil tem en hulself ontdek in die proses. Van sand tot plank, jy is gereed om te breek!

Gr 11 – 12:

Die Duikers

(Snorkelduik & 

Waterveiligheid)

Die Duikers

Sak af in ’n wêreld wat min mense sien. Duikers neem jou na die stil dieptes vol kleure, lewe en verwondering. 

Leer snorkel, word waterwys en ontdek hoe die oseaan jou asem én jou hart kan wegslaan.

Gr 11 – 12:

Kraaiboks

(Videoredigering &     

  Fotografie)

Kraaiboks

Jou storie, Jou skoot, Jou skyfie!

Kraaiboks is ’n kreatiewe kursus waar jy leer om stories vas te vang deur fotografie en videoredigering. Ontwikkel jou oog, jou styl en jou storievertelling!

Gr 11

Getystappers

(Afrikanererfenis, Staptogte &

 Dienaar- Leier)

Getystappers

Getystappers is ’n gevorderde kus- en stapdivisie vir Graad 11 en 12 wat fokus op volgehoue beweging langs die kus, die lees van die gety en die ontwikkeling van uithouvermoë, leierskap en situasiebewustheid. 

Gr 11 – 12:

Kwartdek

(Selfbehoud, Staptogte &

 Dienaar- Leier)

Kwartdek

Selfbehoud. Uithouvermoë. Stilte. Roepingsbesef. Kwartdek neem jou ver – letterlik én figuurlik. Jy kamp onder sterre, kook op vuur, klim berge en bou binnekrag. ’n Kursus vir dié wat reg is om hulself te ontdek en te groei. (vereis Kruismas)

Jong volwassenes: Dekhande

Dekhande

Jy’s nie meer net ’n deelnemer nie – jy’s ’n toekomsleier. Dekhande is jou toer deur Seejol agter die skerms. Leer hoe elke afdeling werk, hoe om te lei, te beplan en ’n verskil te maak. Bou jou voetspoor vir ander om te volg.

Diens Volwassenes

Diens Volwassenes

Bied ondersteuning en ervaring aan die vaart vir ‘n gevestigde en ervare bemanning.

Volwasse kursus Wal-rus

Wal-Rus

Die Wal-Rus Divisie staan vir krag, uithouvermoë en kalm leierskap. Soos die walrus wat die ruwe see trotseer, is hierdie span gebou vir uitdagings – standvastig, betroubaar en altyd gereed om deur te druk. Hier word karakter gesmee, broederskap gebou en leiers ontwikkel wat nie terugstaan vir die storm nie. 

Inskrywings is oop

Beveilig jou plek vir Seejol 2026

Plekke is beperk en gewild — maak seker jy skryf betyds in en begin jou Seejol-avontuur vandag.

Nie seker watter divisie pas by jou nie?

Kontak ons gerus indien jy hulp nodig het om die regte divisie te kies. Ons help graag om die beste pasmaat vir elke leerder te vind.