Inskrywings is oop

Beveilig jou plek vir Seejol 2026

Plekke is beperk en gewild — maak seker jy skryf betyds in en begin jou Seejol-avontuur vandag.

Kampbrief 2026

Elke Seejol avontuur begin met ’n kampbrief.
Hier vind jy alles wat jy moet weet — van datums en reëlings tot wat om in te pak vir die reis.

Maak seker jy lees dit deeglik deur…
want elke goeie ontdekkingsreis begin met voorbereiding.

Alle inskrywings vind plaas deur SAS, dus moet almal ‘n ingeskrewe lid wees van die Voortrekkers. Indien jy nie ‘n lid is nie, kan jy op die volgende skakel klik om deel te word van Die Voortrekkers:

Belangrike inligting

✔ Plekke is beperk en word op ‘n eerste-kom-eerste-bedien basis gevul

✔ Alle betalings moet betyds voltooi word om jou plek te verseker

✔ Verdere kampinligting sal na inskrywing gedeel word

Betalings

Kampgelde kan betaal word op die volgende metodes:

  1. ‘n Direkte betaling kan gemaak word:

Bankbesonderhede:

Bank: Investec

Rekening naam: Seejol_Die Voortrekkers

Tipe Rekening: Tjekrekening

Rekening nommer: 50022912219

Takkode: 580105

Verwysing: Lid nommer & Divisie/Kursus 

(Voorbeeld – 199662_Branderbrekers)

Epos POP na: seejol@voortrekkers.co.za

2. Afbetaling per maand kan gemaak word. 

Hier is die volgende opsies:

Opsie 1: 

Julle kan die kamp afbetaal oor die volgende 3 maande:

Maart – R 1170 

April – R 1170 

Mei – R 1010 

OF 

Opsie 2: 

Julle kan die kamp afbetaal oor die volgende 2 maande: 

April – R 1675 

Mei – R 1675